
=====================================================================
Koerantprojek stimuleer handevat-aksie (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Koerantprojek stimuleer handevat-aksie

Hoe stewig gevestig en wyd vertak die ondersteuningsplan reeds is wat deur Die Burgervir Afrikaanse onderrig van stapel gestuur en 
ontwikkel word, blyk uit Margaretha Geertsema se verslag.

DIE veranderde benadering tot onderrig, die gevolglike behoefte aan die heropleiding van onderwysers en die onverkrygbaarheid van 
Afrikaanse inligting oor leerplanne is enkele van die redes waarom Die Burger se projek Koerant in die Klaskamer (KiK) 'n wenner is.

Die Burger se KiK-projek het in 1995 begin met die beskikbaarstelling van gidse en met werksessies wat oral in die Wes-Kaap vir onderwysers 
aangebied is. Die oorweldigend positiewe reaksie wat uit alle oorde ontvang is, het bewys hoe groot die behoefte aan so 'n program is. Die 
projek het sedertdien baie uitgebrei en bestaan vandag uit talle fasette.

Met die koms van Kurrikulum 2005 het die rol van die KiK-projek nog belangriker geword. Die nuwe kurrikulum fokus op uitkomsgebaseerde 
onderrig, wat sekere vaardighede van leerders vereis. Uitkomste soos onder meer probleemoplossing, spanwerk, die bestuur van aktiwiteite, 
die insameling en evaluering van inligting en die kritiese gebruik van wetenskap en tegnologie moet bereik word. Leerders se vordering sal 
bepaal word deur die mate waarin hulle 'n vaardigheid bemeester.

Volgens mev. Magdel Stander,   kordineerder van die KiK-projek, is al die aktiwiteite wat deur die projek ontwikkel word, op die nuwe 
uitkomsgerigte benadering gegrond. Van die KiK-projek se doelwitte is juis om onafhanklike en kritiese denke aan te moedig en om die 
integrasie van vaardighede oor die leerplan heen te bewerkstellig. Klaskamergesprekke en die betrokkenheid van leerlinge by die leerproses 
word bevorder, en KiK help om die gaping tussen die klaskamer en die buiteweld te oorbrug. Die skeppende vermo van onderwysers as 
materiaalontwikkelaars word ook gestimuleer.

Na KiK is al verwys as een van die mees gevorderde programme om onderwysers vir Kurrikulum 2005 op te lei. 'n Woordvoerder van die Wes-
Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) s uitkomsgebaseerde onderwys het te doen met die soort kritiese en skeppende vaardighede waarop 
toegespits is. "Die projek dra konstruktief by tot die toepassing van di nuwe onderwysbenadering. Dit bied waardevolle indiensopleidng en 
speel 'n uiters belangrike rol om onderwysers te help om nie net van handboeke afhanklik te wees wat materiaal vir leerondersteuning betref 
nie.

Dr. Jurie Joubert, departementshoof van menslike en sosiale wetenskappe   aan die Onderwyskollege Boland op Wellington, s Die Burger is 
nommerpas vir Kurrikulum 2005. "Hoe meer ek met die koerant in die klaskamer werk, hoe meer besef ek die waarde daarvan. Die koerant 
voldoen aan al die vereistes vir goeie leermateriaal en is so saamgestel dat dit kinders interesseer. Die tipografie is netjies, en dit is 
lekker om die koerant te lees.

"In Kurrikulum 2005 word baie klem geplaas op gentegreerde onderrig, en Die Burger is ideaal daarvoor. Die koerant se taalgebruik is ook 
uit die boonste rakke, en hy is op die voorpunt van taalontwikkeling," s dr. Joubert. Hy meen die koerant is uiters geskik vir die 
heropleiding van onderwysers, waaraan daar nou so 'n groot behoefte is.

"Die KiK-projek sal in die toekoms moet uitbrei en 'n nog belangriker rol moet vervul. Alle lektuur oor die nuwe leerplanne is net in 
Engels verkrygbaar, en dit is hier waar Die Burger nou baanbrekerswerk doen deur di nuwe vakterme in Afrikaans te ontwikkel. Selfs 
inligting oor die onderrig van Afrikaans, wat deel uitmaak van die leerarea-kommunikasie, geletterdheid en tale, is net in Engels 
beskikbaar. Die enigste inligting wat in Afrikaans oor die nuwe leerplan beskikbaar is, is di wat deur Die Burger verskaf word," s dr. 
Joubert.

Deel van taalgroep se opheffing

Mnr. Ebbe Dommisse,   redakteur van Die Burger, s Die Burger is 'n Afrikaanse koerant, en dit is in sy belang om koerantlesers te h. 
"Daar is 'n enorme behoefte aan opleiding in Afrikaans. Duisende mense praat net Afrikaans, en die KiK-projek vorm deel van die opheffing 
van hierdie geweldig belangrike taalgroep. Dit is lankal bewys dat opleiding in 'n mens se moedertaal die beste vir aanvangsonderrig is."

Die Burger het weggespring met vier gidse wat deur die Stigting vir Onderwys en Beeld, susterskoerant van Die Burger, ontwikkel is. Di 
gidse fokus op algemene onderrig in die junior primre fase, die onderrig van Afrikaans in die senior primre fase en in hor skole, en op 
wiskunde in die senior primre fase. Dr. Joubert het in 1995 'n geskiedenisgids vir die senior primre fase ontwikkel.

Die Burger het in Augustus 1995 begin met 'n reeks artikels waarin kundiges die aanbieding van geskiedenis en aardrykskunde, soos vereis 
deur die tussentydse sillabusse, met onderwysers behandel het. Die KiK-rubriek gaan voortaan fokus op probleemterreine in die onderwys, bv. 
die gentegreerde benadering, die onderrig van tegnologie, uitkomsgebaseerde onderrig en deurlopende evaluering. Reekse van die rubriek sal 
met muurkaarte gesteun word. Sanlam borg di rubriek.

Teen die einde van 1996 het Die Burger en Sanlam as deel van die KiK-projek 'n eksamenhulpbylae vir matriekleerlinge gepubliseer. 
Soortgelyke bylaes word weer vir vanjaar beplan. Sanlam het di rubriek geborg.

'n Gids vir remedirende onderrig wat deur mevv. Annatjie Hanekom en   Rita Uys van die Sentrum vir Onderwysontwikkeling op Stellenbosch 
(Senous)   ontwikkel is, het in April vanjaar die lig gesien. Waar remedirende onderrig voorheen in aparte klasse aangebied is, word dit 
nou as 'n luukse beskou en moet al hoe meer onderwysers inspring om self leerlinge met probleme te help.

Gids gee praktiese wenke

"Die doel met die gids is om die klasonderwyser toe te rus met praktiese wenke om self eerstehulp te kan toepas deur die koerant op 'n 
genotvolle en kreatiewe manier vir remediring te gebruik," s mev. Hanekom. Werksessies word aangebied om onderwysers toe te rus om self 
die kind te evalueer, hulp te verleen en om insig in leerprobleme en die oorsake daarvan te verkry.

Volgens mev. Magdel Stander het die groot behoefte aan relevante Afrikaanse studiemateriaal vir geletterdheidsklasse gelei tot die 
ontwikkeling van 'n geletterdheidsgids, wat aan die einde van Mei verskyn het. "Beskikbare materiaal voldoen nie altyd aan alle leerders se 
behoeftes nie," s dr. Agnes Crafford, samesteller van di gids. "Volwasse leerders stel nie in feverhale belang nie, maar wil meer weet 
oor dinge waarmee hulle elke dag te doen het. Die Burger is elke dag beskikbaar, dit is goedkoop en kan baie in lesse gebruik word."

'n Meertaligheidsrubriek, wat in die eerste plek vir geletterdheidsklasse gebruik kan word, maar wat net so bruikbaar vir die onderwyser en 
die huisvrou is, verskyn sedert die begin van April. Algemene frases word in Afrikaans, Engels en Xhosa gegee. Mnr. Brian Weyers,   
bemarkingsdirekteur van Shoprite/Checkers, s hierdie rubriek word deur sy maatskappy geborg omdat hy glo die bevordering van doeltreffende 
kommunikasie sal 'n reusebydrae lewer om die land en sy mense te verenig.

Die KiK-projek is ook deel van Die Burger, die Universiteit van Wes-Kaapland en die Stigting vir Afrikaans   se Mitchell's Plain program, 
wat daar in oorleg met die WKOD aangebied word om Afrikaans te bevorder. Verskeie werksessies waarin onderwysers van Afrikaans by hor 
skole betrek is, is reeds as deel van die program aangebied.

Aktiwiteite wat leerlinge aanmoedig om Afrikaans te gebruik, word vir die tweede helfte van die jaar beplan. Margaretha Geertsema is Die 
Burger se skakelpersoon.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av438.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

